A big shout-out to a century of Afrikaans

Afrikaans is 100! As one of South Africa’s 12 official languages, Afrikaans developed in the 17th century at the Cape of Good Hope, evolving from Dutch as spoken by settlers of the Dutch East India Company. Over time, it absorbed words and influences from Malay, Portuguese, Khoi and San languages, and later from English and Bantu languages due to the region’s diverse population.

Originally seen as a simplified, “kitchen” version of Dutch, Afrikaans gradually gained its own identity and was formally recognised as a distinct language in the early 20th century. It became one of South Africa’s official languages in 1925 and is now spoken by millions as a first or second language.

CN&CO founder Carel Nolte is very proud of his Afrikaans heritage. His friend, well-known businesswoman and actress Annie Malan, recently spoke at her high school, Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, where she was head girl in 1992.

“I remember Annie’s gran, Ouma Bokkie, teaching my mom ikebana, the Japanese art of flower arranging,” says Carel. “Our friendship goes back many years.”

“Ouma Bokkie sou trots op jou gewees het,” was Annie’s reply.

Annie’s talk to the staff and learners at Meisies Hoër commemorated the 100th anniversary of Afrikaans’s status as an official language. Here’s what she said:

ALLAMAPSTIEKS, JOU KARNALLIE , Lekkerbekkig , Langtand , IETERMAGOG  – Soveel heerlike en soms vergete woorde. En o, ja, Die  Langste woord in Afrikaans: TweedehandseMotoragentskapsbeheerder !!

OP 8 MEI IS AFRIKAANS 100

Afrikaans is die jongste meisie in Meisies Hoër. Op ‘n wêreldskaal het sy die rekord gebreek as die heel jongste taal in die wêreld op die jeugdige ouderdom van 100 jaar oud die jaar.

Afrikaans het ook as die jongste bang standard sessie hier by Affies ingestap eens op ‘n tyd 100 jaar gelede, want selfs ons skool is offisieël ouer as wat sy is. Afrikaans het gewonder wie IS al hierdie meisies om haar. Sy het nie omgegee oor wat elke meisie van haar dink nie. Sy het stilletjies gedink hulle het almal oormatige opgeblaaste opinies oor hulself in hierdie deftige groot geboue.

Afrikaans het aanvanklik gedink Niemand wil haar maatjie wees nie en sy het gaan wegkruip in die biblioteek tussen al die boeke waar sy na haarself in ‘n spieël kon kyk op die bladsye van Antjie Krog gedigte en Dalene Matthee romans en sy kon kniel by die groot Afrikaanse Bybel. Die Biblioteek het haar versterk en haar herinner waar sy vandaan kom en ook waarheen sy oppad is.

Op ‘n dag het Afrikaans dit buite die biblioteek gewaag, op die rooi stoepe om die hoek geloer, en julle het haar ingenooi na ‘n pouse partytjie. Toe besef sy maar hierdie klomp meisies is eintlik baie vriendelik en heel aangenaam. Miskien sal ek tog hier rondhang en myself nuttig en diensbaar maak. Miskien maak ek ook saak en maak ‘n verskil. Daar het sy julle geleer om spookasem, springmielies en sout-en-asyn-aartappelskyfies in pure Afrikaans te geniet en waardeer.

Afrikaans het toe ‘n betroubare vriendin geword met wie jy al jou hartsgeheime kon deel wat niemand anders sou verstaan nie. Afrikaans kon selfs tussen die lyne lees presies hoe jy voel.

Afrikaans het toe eendag in ‘n klas jou hand gevat en jou geleer hoe om vir jouself op te staan en jou man te staan. Sy het haar redenasievermoeëns en skerp tong laat geld omdat dit nodig was op daardie oomblik om jou teen ‘n druippunt te beskerm.

Afrikaans het eendag lief geword vir jou toe jy gedink het Niemand het jou lief nie en sy het die katjiepiering, leeubekkies en lelies in geskenkpapier toegedraai – geskenkpapier met Afrikaanse prosa daarop.

Op die sportveld het sy jou geleer hyg in medeklinkers tot jy oor die wenstreep kon nael en jou wenkrete van blydskap het sy laat weergalm deur die gange van die koshuiskamers.

By die Valentynsbal het sy in ‘n rooi rok toegekyk hoe jou beste vriendin jou kêrel soen en sy het vining jou tong vir jou geknoop sodat jy soos ‘n dame kon glimlag en wegstap.

Toe Afrikaans saam met jou op haar knieë sak en bid voor jou matriekeindeksamenvraestel,  toe knipoog sy vir jou en sê, “Engeltjies  is slegs Engeltjies in Afrikaans, hier, kry vir jou ook ‘n Engeltjie vir môre” – Los maar die “Angels” vir die Engelse kinders.

Afrikaans het saam met jou gehuil toe jou ouers skei en jou pa kry ‘n nuwe Engelse meisie. Maar sy kon jou vining leer dat jou tweetaligheid waarvan sy die YIN in hierdie Yin en Yang is , juis vir jou die brug bou na vergifnis en nuwe gesonde vriendskappe. Afrikaans het toe, net soos jy, ‘n stiefsussie bygekry en haar Engels genoem. Wanneer Engels ingeglip het by jou en Afrikaans se speletjies, was niemand jaloers nie, want, almal se tweetaligheid het altyd iemand net versterk. Iewers het jy en Afrikaans steeds stilletjies gaan wegkruipertjie speel in die H.A.T. of Groot Woordeboek  om seker te maak  wat is die mooiste manier om iets in Afrikaans te sê.

Op ‘n dag toe dit stil word om jou en jou hart was in stukke gebreek na ‘n groot verlies,  het Afrikaans deur die venstertjie geglimlag vir jou. (Meisies Hoër het n Venstertjie waar daar elke week ‘n motiveringsboodskap en uitstalling ingesit word.) Sy het jou stip in jou tiener oë gekyk en gesê –  ASEM MY IN HIER WAAR JY STAAN KLEIN AFFIE. WANNEER JY GEREED IS SAL JOU PYN WAT JY NOU VOEL IN WYSHEIDSWOORDE deur my uitgespreek word. Elke keer as jy opstaan vir jouself, staan jy op vir elke vrou in hierdie wêreld.

Toe jy beter voel en weer die wereld in Afrikaans in die oë kon kyk, het Afrikaans saam met jou kattekwaad aangevang en julle het pizza bestel vir die hele skool op die tiekieboks. Afrikaans het saam met jou jou uitskryfwerk gedoen as straf in die detensie klas hiervoor. Daardie Vrydagmiddag was Afrikaans so kwaad oor die uitskryfwerk straf,  sy het met opset ‘n paar spelfoute ingegooi.

Sy het haar erekleurebaadjie by Affies verdien, net soos jy, en ook in jou hart. Net soos jy, sal sy altyd ‘n Affie wees en staan sy ook haar plek in die samelewing vol.

Soms dink sy jy het haar vergeet as jy Tiktok of Netflix kyk en haar nie ook gaan soek op die platforms nie.

Vandag sluip Afrikaans rond op jou slimfoon. Sy voel weer soos destyds toe sy in die Biblioteek weggekruip het. Elke keer as jy haar vind, of opsoek op Google / Google-oer, of jy nooi haar saam na ‘n teksboodskap aan jou Ma of ‘n Vriendin, raak sy opgewonde, want sy weet, die volgende pouse partytjie waarna jy haar gaan innooi is net om die draai.

Vandag is veral haar pouse partytjie want sy is 100 jaar jonk. Elisabeth Eybers sê so mooi vir Afrikaans in haar gedig:

Die eerste rededele wat mens leer

Voor drie jaar oud is lewenslank genoeg

Om die akuutste nood te formuleer

Soos: ek het honger… hou van jou… ek is moeg

C J Langenhoven het altyd gesê: Soveel tale as ek kan, soveel keer is ek ‘n man. Afrikaans sien uit na al die ander boeties en sussies tale wat jy nog aan haar gaan voorstel.

Mag Afrikaans aanhou om jou sterk te maak en met selfvertroue te vul – veral die dae wat jy dit die minste verwag en mag jy aanhou om haar te gaan opsoek en besoek in jou H.A.T.  – Selfs al doen jy dit skelm as Niemand kyk nie.

Afrikaans sien uit na jou eerste werksonderhoud, jou troudag en al jou reise oorsee. En as jy in Engels jou besigheidsvoorleggings moet doen of jou motorbestuurslisensie moet slaag, en sy word dalk nie saamgenooi nie, sal sy steeds insluip in jou aksent, om almal om jou te herinner, insluitend jouself, dat jou moedertaal jou vriendin is wat jou die selfvertroue en vingerafdruk gee om altyd net jouself te wees.